Zimbabwiese man gearresteer oor dwelms
Klopjag lewer 27 000 Mandrax-pille
MISDAADTONEEL: Parow, Kaapstad: Polisie het ‘n dubbele slag teen dwelm smokkel in Kaapstad se noordelike voorstede geslaan

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het vroeg Woensdagoggend, 9 September 2026, op grond van inligting opgevolg en na ‘n woning in Da Gamastraat, Parow, gegaan.
Volgens die polisie het die lede omstreeks 01:30 ‘n die plek deursoek wat gelei het tot die ontdekking van 27 270 Mandrax-tablette.
“‘n 39-jarige Zimbabwiese man is vir die besit van dwelms gearresteer en word by die Parow polsiestasie aangehou,” het die polisie gesê.
Goodwood: ‘n Dag tevore, omstreeks 23:30 op Dinsdag, 8 September 2026, is ‘n 28-jarige man vir die besit van dwelms gearresteer tydens ‘n stop-en-deursoek-operasie in Cook-straat, Goodwood.
Volgens die polisie het hulle 18 en ‘n half Mandrax-tablette in die verdagte se sakke gevind. Hy word by die Goodwood SAPD aangehou.
Related News
Man in kar afgemaai
MISDAADTONEEL: Die polisie is op soek na ten minste twee verdagtes nadat ’n 30-jarige manRead More
Police raid drug lab
CRIME SCENE: Ramokokastad, North West Province: Four people, including two 71-year-old women, have been arrestedRead More
