Man gevang met 57 000 Mandrax en kokaïen
Polisie slaan groot slag teen dwelms
MISDAADTONEEL: Beaufort-Wes, Wes-Kaap: ‘n Middeljarige man is op die N1-snelweg gevang met dwelms ter waarde van meer as R5 miljoen.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het inligting ontvang oor ‘n besending dwelms wat op die N1 by Beaufort-Wes vervoer word.
Polisielede verbonde aan die Wes-Kaapse eenheid teen georganiseerde misdaad, Misdaadintelligensie en die Beaufort-Wes-polisie het Donderdag, 10 September 2026, omstreeks 22:40, ‘n voertuig op die N1 voorgekeer.
Volgens die SAPD het die lede die voertuig deursoek en ‘n groot hoeveelheid Mandrax-tablette en kokaïen gevind.
“Die polisie het 57 000 Mandrax-tablette sowel as 5 kilogram kokaïen gekonfiskeer en die bestuurder van die voertuig op ‘n aanklag van handel in dwelms gearresteer. Die straatwaarde van die dwelms word op R5,85 miljoen geskat.
“Die verdagte, ‘n 46-jarige man, bly in polisie-aanhouding en sal na verwagting Maandag, 14 September 2026, vir die eerste keer in die Beaufort-Wes-landdroshof verskyn,” het die SAPD gesê.
Die Wes-Kaapse provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Sizakhele Dyantyi, het die lede se geprys vir hulle werk om die invloei van onwettige dwelms na kwesbare gemeenskappe in die provinsie te bekamp.
Related News
Verskeie verdagtes vas vir dwelms
MISDAADTONEEL: Namakwa-distrik, Noord-Kaap: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het verskeie verdagtes gearresteer vir die besit vanRead More
Several drug arrests in Namakwa
CRIME SCENE: Namakwa District, Northern Cape: The South African Police Service (SAPS) here have arrestedRead More
