George steekdood

 
 

Polisie sersant met meswond bors aangetref

Meisie vas ná steekdood

MISDAADTONEEL: Pacaltsdorp, George: ‘n Sersant in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se meisie is gearresteer nadat hy doodgesteek is.

Die 32-jarige vrou sal na verwagting op 27 Oktober 2026 in die George-landdroshof verskyn in verband met die moord op die 44-jarige sersant.

Die SAPD het gesê sy lede is Sondag, 25 Oktober 2026, na ‘n misdaadtoneel in Hedge-weg, Pacaltsdorp, ontbied, waar ‘n buurman die slagoffer met ‘n steekwond in sy bors gevind het.

Die verdagte is gesien toe sy die sersant se huis verlaat het. Hy was ten tyde van die voorval afdiens. ‘n Ondersoek het later tot die arrestasie van die vrou gelei.