Polisie kry ook klomp geld; verdagte in hof
Vrou (76) vas vir handel in dagga
MISDAADTONEEL: Pofadder, Noord-Kaap: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ‘n 76-jarige vrou gearresteer vir handel in dagga.

Volgens die SAPD het die Namakwa-distrik se taakspan Woensdag, 29 Julie 2026 omstreeks 08:00 ‘n taktiese operasie by ‘n woning in Madeliefie-laan, Pofadder, uitgevoer nadat hulle inligting oor dwelmhandel-aktiwiteite ontvang het.
Die SAPD sê die lede het na die geïdentifiseerde perseel gegaan waar hulle ‘n 76-jarige vrou gevind het.
“Die huis is deursoek en daar is op vermeende dagga, sowel as kontant wat vermoedelik die opbrengs is van onwettige dwelmverkope, beslag gelê. Die vrou is gearresteer en het dieselfde dag in die Pofadder-landdroshof verskyn,” het die SAPD gesê.
Related News
Paartjie sit 10 jaar vir bedrog
UIT DIE HOF: Die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek (Valke) verwelkom die vonnis van Marthinus Rabie (61),Read More
Couple gets 10 years for fraud
FROM THE COURTS: The Directorate for Priority Crime Investigation (Hawks) in the Western Cape haveRead More
