Noordkaap misdaad

 
 

Polisie kry ook klomp geld; verdagte in hof

Vrou (76) vas vir handel in dagga

MISDAADTONEEL: Pofadder, Noord-Kaap: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ‘n 76-jarige vrou gearresteer vir handel in dagga.

Volgens die SAPD het die Namakwa-distrik se taakspan Woensdag, 29 Julie 2026 omstreeks 08:00 ‘n taktiese operasie by ‘n woning in Madeliefie-laan, Pofadder, uitgevoer nadat hulle inligting oor dwelmhandel-aktiwiteite ontvang het.

Die SAPD sê die lede het na die geïdentifiseerde perseel gegaan waar hulle ‘n 76-jarige vrou gevind het.

“Die huis is deursoek en daar is op vermeende dagga, sowel as kontant wat vermoedelik die opbrengs is van onwettige dwelmverkope, beslag gelê. Die vrou is gearresteer en het dieselfde dag in die Pofadder-landdroshof verskyn,” het die SAPD gesê.