Man in pekel na bloues hom vastrek
Polisie sien rooi oor dwelms
MISDAADTONEEL: Lavender Hill, Kaapstad: ‘n Rooi sak vol dwelms het ‘n 42-jarige man in die pekel laat beland.

Steenberg polisie se misdaadvoorkomingseenheid het Donderdag 16 April 2026 roetine patrollies in Lavender Hill gedoen toe hulle ‘n man met die rooisak sien hardloop het.
Die verdagte is aangekeer en die polisie het hom deursoek waartydens hulle twee 20-gram pakkies tik, 160 sakkies tik, 150 mandrax tablette en 300 half-mandrax tablette in sy besit gevind het.
Die man is gearresteer vir die besit van dwelms en sal Maandag 20 April 2026 in die Wynberg-landdroshof verskyn.
Related News
Body found in drain
LANSDOWNE, Cape Town: The South African Police Service (SAPS) registered an inquest following the discoveryRead More
Teens gunned down at spaza
CRIME SCENE: Mitchells Plain, Cape Town: Two teenagers, a boy and girl, have been gunnedRead More
