Ou met vuurwapen kan polisie nie ontduik
Ons vang jou
Hardloop maar, ons gaan jou vang

Dit was die storie op 23 April 2026 vir ‘n 22-jarige nadat hy probeer het om die polisie te ontduik met ‘n vuurwapen in sy hand.
Die man het met die vuurwapen in sy hand gestaan toe hy deur die Steenberg-polisielede in Parkin hof, Lavender Hill, omstreeks 23:30, gewaar is.
Hy het probeer weghardloop, maar is uiteindelik deur die lede gevang en gearresteer.
In ‘n aparte voorval het Makhaza-polisielede op dieselfde dag omstreeks 21:00 ‘n blou VW City Golf op die hoek van Gqolomba en Hlanga Crescent opgemerk.
Die lede het stilgehou en die motor deursoek. Vyf mans tussen 25 en 32-jaar-oud wat in die voertuig was, is gearresteer vir die besit vam twee verbode vuurwapens met ammunisie.
Related News
Aanklagte teen man hoop op
MISDAADTONEEL: Vanrhynsdorp, Matzikama: ‘n Man wat vir poging tot moord gearresteer en aangehou is, staar nogRead More
Gun stolen in KZN found in Mitchells Plain
CRIME SCENE: Mitchells Plain, Cape Town: A firearm reported stolen in 2025 at Mtubatuba SAPS,Read More
