NeIlScOtt24

 

Polisie arresteer 11 op verskeie klagtes

Gatslag teen dwelms in Suid-Kaap

MISDAADTONEEL: Dysselsdorp, Suid-Kaap: Die Suid-Afrikaanse polisiediens (SAPD) het vandeesweek hard toegeslaan op vermeende onwettige dwelmhuise in Dysselsdorp buite Oudtshoorn.

Die polisie slaan toe in Dysselsdorp. Foto: SAPD via Facebook

Die SAPD se optrede  het gelei tot die arrestasie van 11 verdagtes vir dwelmverwante oortredings en die konfiskering van dwelms met ‘n straatwaarde van R90 000.

Op Dinsdag 14 April 2026 het lede van die Dysselsdorp Misdaadvoorkoming-eenheid vyf persele deursoek nadat inligting ontvang is van onwettige aktiwiteite by wonings in Donkerhoek, Bernadus Gronde en Paradise View.

Die polisie het Mandrax en tik gekonfiskeer. Die verdagtes, tussen 21 en 56-jaar-oud, op aanklagte van besit van dwelms en dwelmhandel gearresteer.


Inwoners gooi klip toe wetstoepassers ou wil arresteer

Stad kap terug teen aanval op metro polisie

MISDAADTONEEL: Athlone, Kaapstad: Die Stad Kaapstad het ‘n aanval op sy Metro polisiebeamptes veroordeel nadat mense die wetstoepassers met klippe bestook het terwyl hulle op Sondag 12 April ‘n verdagte in ‘n skiet saak gearresteer het.

Foto ter illustrasie. Bron: Stad Kaapstad via Facebook

Die beamptes het gereageer op klagtes van ‘n skietery ​​by Die Vlei  informele nedersetting. Met hulle aaankoms het hulle ‘n verdagte met ‘n 9 mm Ruger-pistool en 18 rondtes ammunisie in sy besit, gearresteer.

Maar inwoners van Die Vlei wou  niks hiervan hoor nie en het die wetstoepassers met klippe gegooi. Twee patrolliemotors is in die voorval beskadig.

Die Stad Kaapstad se Burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, het gesê die verdagte is na die polisiestasie geneem, maar die beskadigde voertuie moet nou herstel word, en beklemtoon dat sulke gedrag pogings om veiliger gemeenskappe te skep, ondermyn.

▪Data wys aanvalle op die metropolisie in Kaapstad toegeneem het, met 52 voorvalle wat tussen Julie 2025 en Januarie 2026 aangeteken is in vergekyking met 43 die vorige jaar.


City condemns attack on its officers

Residents stone Metro cops

CRIME SCENE: Athlone, Cape Town: The City of Cape Town has condemned an attack on metro police officers after residents pelted the law enforcers with stones during the arrest of a shooting suspect on Sunday April 12.

Picture of Metro Police for illustration purpose only.

The Officers had responded to reports of gunfire at The Vlei informal settlement and arrested a suspect with a 9mm Ruger pistol and 18 rounds of ammunition. But the scene soon turned ugly when community members damaged two patrol cars by stoning them.

The City of Cape Town’s Mayoral Committee Member for Safety and Security, Alderman JP Smith said the suspect was taken to the police station but the damaged vehicles must now be repaired, stressing that such violence against law enforcement undermines efforts to create safer communities.

▪Data shows attacks on metro police staff have risen, with 52 incidents recorded between July 2025 and January 2026 compared to 43 the previous year.


3 kinders, tiener gewond

Bloed vloei in Bontas

MISDAADTONEEL: Bonteheuwel, Kaapstad: Speurders van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se anti-bende-eenheid (ABE) ondersoek twee skietvoorvalle nadat vyf mense Dinsdagaand,14 April 2026 in Bonteheuwel gewond is.

In een voorval in Amandelstraat het ‘n groep mense buite ‘n winkel gestaan ​​toe ‘n voertuig hulle nader, twee verdagtes uitgespring en op hulle begin skiethet. ‘n Tiener (16) en drie kinders van 12, 11 en 10-jaar-oud, is gewond. Die slagoffers is vir behandeling na ‘n mediese fasiliteit geneem.

In die tweede voorval in Citrusstraat is ‘n 30-jarige man uit ‘n bewegende voertuig in die rug geskiet. Hy is ook na ‘n hospitaal vervoer.

Volgens die polisie hou die skietery moontlik verband met bendegeweld. Geen arrestasies is nog gemaak nie.

▪Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se anti-bende-eenheid (ABE) is ‘n gespesialiseerde, nasionale eenheid wat in November 2018 van stapel gestuur teen kriminele bendesl. Die ABE fokus op onwettige vuurwapens, dwelms en bendeverwante moorde.


3 kids, teen rushed to hospital

Gunmen wound five

CRIME SCENE: Bonteheuwel, Cape Town: Detectives from the South African Police Service’s Anti-Gang Unit (AGU) are investigating two shooting incidents after five people were wounded in Bonteheuwel on Tuesday evening, 14 April 2026.

In one incident that occurred in Amandel Street, a group of people was standing outside a shop when a vehicle approached and two suspects jumped out. The suspects started firing at the group, and a teenager (16), along with children aged 12, 11 and 10, were injured. The victims were taken to a medical facility.

In the second incident in Citrus Street, a 30-year-old man was shot in the back by a gunman in a moving vehicle. He was also transported to a hospital.

According to the police the motive for the shootings is believed to be related to gang violence. No arrests have been made yet.

The South African Police Service (SAPS) Anti-Gang Unit (AGU) is a specialized, national unit launched in November 2018, to dismantle criminal gangs. It focuses on illegal firearms, drugs, and reducing gang-related murders.


Smokkelaar kry drie jaar in die tronk

Staat vat dwelm-voertuig

IN DIE HOF: Die Kaapstadse Hooggeregshof het ‘n finale batebeslagleggingsbevel aan die Valke en die Nasionale Vervolgingsgesag se batebeslagleggingseenheid toegestaan ​​vir ‘n voertuig wat gebruik is om dwelms te vervoer.

Volgens ‘n mediaverklaring deur die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek (beter bekend as die Valke) het die voorval waarin die bestuurder met dwelms gevang is, presies11 jaar gelede, op 16 Maart 2015, plaasgevind.

Die hofbevel is op 19 Februarie 2026 uitgereik en op 16 Maart 2026 aan die Valke oorhandig.

Volgens die Valke het die SA Narkotika-buro (SANAB) saam met die Paarl K9-eenheid opgetree nadat daar inligting ontvang is van ‘n voertuig wat dwelms vanaf Gauteng na Kaapstad vervoer. Die voertuig is by die Huguenot Plaza afgetrek en deursoek.

Meer as 100 Mandrax- en 10 000 ecstasy-tablette, ter waarde van meer as R6,4 miljoen, is in die voertuig, ‘n Isuzu-bakkie met versteekte kompartemente, gevind. Die bestuurder, Ruben Naicker, is in hegtenis geneem vir dwelmhandel.

Hy is op 4 Februarie 2025 tot drie jaar direkte gevangenisstraf gevonnis nadat hy ‘n pleitooreenkoms met die staat aangegaan het.


State to sell dealer's bakkie

Drug vehicle seized

IN COURT: The Cape Town High Court has granted the Hawks’ Priority Crime Specialised Investigation team (PCSI) in collaboration with National Prosecuting Authority’s Assets Forfeiture Unit a final asset forfeiture order for a vehicle used to transport drugs.

According to a media statement by the Directorate for Priority Crime Investigation (also known as the Hawks) the incident in which the driver was caught happened exactly 11 years ago on 16 March 2015.

The court order was issued on 19 February 2026 and delivered to the Hawks on 16 March 2026.

According to the Hawks the SA Narcotics Enforcement Bureau (SANEB) together with the Paarl K9 unit acted on information about a vehicle that was transporting drugs from Gauteng to Cape Town. The vehicle was spotted at the Huguenot Plaza, pulled over and searched.

More than 100 mandrax tablets and 10 000 ecstasy tablets, worth over R6,4-million were found inside the vehicle, an Isuzu Bakkie fitted with hidden compartments.

The driver, Ruben Naicker, was arrested for dealing in narcotics. He was sentenced on 4 February 2025 to three years direct imprisonment after entering into plea bargain with the state. 


Een persoon getref

Skieters slaan in Cafda toe

MISDAADTONEEL: Cafda Village, Kaapstad. – Een persoon is na bewering raak geskiet tydens ‘n voorval in Cafda Village, Retreat  Donderdagmiddag, 26 Februarie 2026.

Die skietery het blykbaar voor ‘n winkel in Peter Charles-straat plaasgevind. Volgens berigte is daar vanuit ‘n wit Opel Corsa gevuur. Drie mans is vroeër gesien waar hulle in die Opel rondry.

Hierdie is ‘n ontwikkelende storie.


One person 'hit'

Drive-by shooting scare

CRIME SCENE: Cafda Village, Cape Town. – There have been reports of a shooting in Cafda Village, Retreat on Thursday afternoon, 26 February 2026.

The shooting apparently occurred in front of a shop in Peter Charles Street. According to reports the shots were fired from a white Opel Corsa. Three men were earlier spotted driving around in the car.

Early indications are that one person was hit.

This is a developing story.


Leerder in taxi doodgeskiet

Tragedie by skool

MISDAADTONEEL: Atlantis, Kaapstad. – ’n Graad 8-leerder en ’n taxibestuurder is Woensdagmiddag, 25 Februarie buite die Atlantis Sekondêre Skool doodgeskiet.

Die leerder was 14 jaar oud en die taxibestuurder 42.

Twee ander leerders is gewond en hospitaal toe geneem. Een van hulle is sedertdien uit die hospitaal ontslaan en die ander is stabiel. Die taxi was besig om leerders van die skool af huis toe te vervoer toe gewapende mans toeslaan.

In ‘n brief wat aan die ouers en voogde van Atlantis Sekondêre Skool gerig is, het die skoolhoof, mev. MJ Adonis, gesê dit is ‘n sensitiewe tyd vir almal wat aan die skool en die gemeenskap verbonde is.

Adonis het bevestig ‘n graad 8-meisie is dood, maar het mense gevra om nie te spekuleer nie. Sy het gesê die voorval is nie bendeverwant nie.

Die tragiese dood van die twee by die skool volg minder as 24-uur nadat twee mans by die Witsand-taxistaanplek, ook in Atlantis, doodgeskiet is. Hierdie voorval het op Dinsdag 24 Februarie 2026 om ongeveer 18:00 plaasgevind.

Enigiemand met inligting oor boegnoemde of enige misdaad kan Crime Stop by 08600 10111 kontak of inligting anoniem via die MySAPS app indien. Alle inligting sal met die strengste vertroulikheid hanteer word.

JONGSTE VERWIKKELING: Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê die Stad bied ‘n beloning van tot R100 000 aan vir inligting wat sal lei tot die arrestasie en vervolgin van diegene wat verantwoordelik is vir die voortslepende taxi-verwante moorde in Atlantis.

“Ons staan ​​saam met die vredeliewende inwoners van Atlantis wat nie moet ly weens die interne gevegte tussen taxibase nie. Ons treur diep saam met die families van die slagoffers, insluitend die 14-jarige graad 8-leerder wat op 25 Februarie 2026 tragies doodgeskiet is.

“Ek het die hulp van die Stad se veiligheids- en sekuriteitsondersoekeenheid aangebied om die ondersoek na die skietery in Atlantis te ondersteun.,” het JP Smith, Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit.

Anonieme wenke word aangemoedig: Skakel 24/7: 0800 00 6992 of pos: SSIMS.SSIUReporting@capetown.gov.zae