Slagoffer verskeie keer getref

Man by taxistaanplek geskiet

MISDAADTONEEL: Delft, Kaapstad: ‘n Man is Dinsdagoggend, 28 Julie 2026 by ‘n taxistaanplek in Delft doodgeskiet.

Die skietery het omstreeks 6:30 by die taxistaanplek in Mango-straat plaasgevind.

Sersant Wesley Twigg, ‘n woordvoerder vir die Wes-Kaapse polisie, het sê toe Delft-polisielede by die misdaadtoneel aankom het hulle ‘n 34-jarige man met skietwonde aan sy liggaam gevind het.

“Die slagoffer is deur mediese personeel op die toneel dood verklaar. Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek en geen arrestasies is nog gemaak nie,” het Twigg gesê.

Enigiemand met enige inligting oor die voorval kan Stop misdaad kontak by 08600 10111 of die MySAPS-App anoniem gebruik.






Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked as *

*