Gugulethu N2 smash and grab

 
 

Kar stamp tiener ná hy probeer vlug

Seun (16) sterf ná ‘smash en grab’

MISDAADTONEEL: Gugulethu, Kaapstad: ‘n 16-jarige seun wat na bewering betrokke was by ‘n smash and grab voorval, is dood toe hy Dinsdagmiddag 11 Augustus 2026 deur ‘n motor omgery is.

Kaptein FC Van Wyk, ‘n woordvoerder vir die Wes-Kaapse polisie, het gesê ‘n saak van strafbare manslag is geopen ná die ongeluk wat op die N2-snelweg, langs Gugulethu, in die rigting van Kaapstad se middestad plaasgevind het.

“Polisielede was op die toneel en ná ‘n ondersoek het dit aan die lig gekom die oorledene na bewering betrokke was by ‘n smash en grab voorval. Hy het van die toneel gevlug en voor ‘n aankomende Ford Ecosport-voertuig ingehardloop.

“Die voertuig het hom getref en hy is op die toneel deur mediese personeel dood verklaar. Die Gugulethu-polisie het ook ‘n saak van gewone roof vir verdere ondersoek geregistreer,” het Van Wyk gesê.