2 arrestasies in dubbele moord
Polisie arresteer 2 ná wrede aanval
Deurbraak in dubbele-moord
MISDAADTONEEL: Knysna, Suid-Kaap: Die polisie het twee mans gearresteer vir ‘n dubbele moord wat vroeer in hierdie gewilde vakansiedorp gebeur het.

Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is twee mans omstreeks 06:00 Maandag 6 Julie 2026 uit ‘n plakkershut naby Mbetanestraat, Khayalethu in Knysna, geforseer.
Die SAPD sê die twee is na Bongani in Knysna, geneem waar hulle aangerand is. Beide slagoffers, vcan 33 en 44-jaar-oud, het ernstige beserings opgedoen en is na die Knysna Provinsiale Hospitaal vervoer, waar albei later oorlede is.
Die verdagtes, 33 en 42-jaar-oud, is Donderdag, 9 Julie 2026 gearresteer en sal na verwagting Vrydag, 10 Julie 2026 hul eerste hofverskyning in die Knysna-landdroshof maak.
Die verdagtes staan elk tereg op twee aanklagte van moord en ontvoering. Die SAPD het gesê die ondersoek duur voort en nog verdagtes kan moontlik gearresteer word.
