Malmesbury plunder

 
 

Polisie tree gou op, 2 in arres

Winkels tydens optog geplunder

MISDAADTONEEL: Malmesbury, Swartland: ‘n March-and-March betoging het Donderdagoggend, 25 Junie 2026 lelik skeef geloop toe verskeie spaza winkels in Ilingelethu geplunder en twee mense gearresteer is.

Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ongeveer 350 mense van Ilingelethu in Malmesbury deelgeneem aan ‘n optog teen ongedokumenteerde buitelanders in die gebied. Memorandums is aan die SAPD, die departement van Binnelandse Sake, Verkeersdienste en Wetstoepassing oorhandig.

 “Tydens die betoging het ‘n groep jongmense van Ilingelethu en Saamstaan ​​na bewering verskeie spaza-winkels oopgebreek en geplunder.

“Die SAPD, wetstoepassers en ander owerhede het egter vinnig ingegryp om die stuasie onder beheer te bring en gaan voort om die situasie te monitor om verdere voorvalle te voorkom.

“Twee verdagtes van 19 en 37-jaar-oud is gearresteer vir huisbraak en diefstal,” het die polisie gesê