Misdaadintelligensie baas geskiet
Sluipmoordaanval op intelligensie baas
Polisie hoë in kar geskiet
NASIONAAL: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ‘n hoëvlak-ondersoek van stapel gestuur nadat generaal-majoor Feroz Khan Sondagaand 28 Junie 2026 in 3de-Laan, Houghton, Gauteng, geskiet is.

Khan is die geskorste adjunkhoof van Nasionale Misdaadintelligensie.
Die ondersoek word gelei deur die Valke, Gauteng Misdaadintelligensie en SAPD speurders, het die polisie Maandagoggend, 29 Junie 2026 in ‘n verklaring gesê.
Die SAPD se waarnemende nasionale kommissaris, luitenant-generaal Puleng Dimpane, het verder gelas dat die Politieke Moorde-taakspan (PKTT) by die ondersoek ingesluit word om te verseker dat elke moontlike leidraad opgevolg word en die persone wat verantwoordelik is gevang word.
Generaal-majoor Khan sou op 1 Julie 2026 voor die Madlanga-kommissie verskyn het.
“Terwyl die SAPD bewus is van spekulasie in die publiek oor die tydsberekening van die aanval, maar warsku dis nog veels te vroeg om te spekuleer oor die rede agter die voorval en dat dit verbind kan word met Kahn se verskyning voor die Kommissie.
“Die Suid-Afrikaanse Polisiediens beskou pogings om enige individu wat betrokke is by regsprosesse te intimideer, stil te maak of aan te val in die ernstigste lig en enige poging om in te meng met die kommissie sal met alle mag vervolg word,” lui die verklaring.
Dimpane het die aanval veroordeel en die publiek verseker dat hulle gaan alles doen om diegene wat verantwoordelik is, te identifiseer, op te spoor en te arresteer.
Dimpane het Khan ‘n spoedige herstel toegewens.
