Napier dwelms
Klomp Mandrax gevind, 4 verdagtes vas
Polisie maak dwelm-deurbraak
MISDAADTONEEL: Napier, Overberg: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ‘n groot hoeveelheid dwelms gekonfiskeer en vier verdagtes in twee afsonderlike voorvalle gearresteer.

Op Woensdag 24 Junie 2026, omstreeks 11:25, het lede van die Napier SAPD ‘n silwer Chevrolet Spark onderskep nadat hulle inligting ontvang het oor ‘n verdagte motorvoertuig wat in die rigting van Napier, tussen Caledon en Bredasdorp, ry.
Volgens die SAPD het die lede vinnig reageer en die voertuig op die R316 afgetrek.
“Binne was twee mans van 49 en 63-jaar-oud. Die voertuig is deursoek en 2 402 Mandrax-tablette is gevind. Beide verdagtes is gearresteer vir dwelmhandel,” het die polisie gesê.
Epping Forest: In die tweede voorval, ook op Woensdag 24 Junie 2026, is twee mans van 33 en 38-jaar oud deur lede van Operasie Lockdown 3 in Loughton-laan gearresteer. Hulle is in besit van 40 Mandrax-tablette en 20 sakkies Tik gevind. Die dwelms is gekonfiskeer.
