Okiep dwelm arrestasies
Polisiehoof loof lede wat dwelmhandel ontwrig
Stryd teen dwelms verskerp
MISDAADTONEEL: Namakwa-distrik, Noord-Kaap: Die stryd teen dwelms hier het vandeesweek sukses gebring met verskeie arrestasies.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) sê sy pogings om onwettige dwelmhandel- en misbruik te bekamp, is verskerp deur volgehoue misdaadvoorkomingsoperasies en stop-en-deursoek-aksies.
Maandag, 28 September 2026, ongeveer 21:00, was lede van die Delta- en Alpha-pelotons besig met misdaadvoorkoming-pligte in Voortrekker-straat, Springbok toe hulle ‘n 52-jarige man van Durban gestop en deursoek het.
“Die lede het pille gevind wat vermoedelik heroïen bevat, met ‘n geskatte straatwaarde van R1 250. Die verdagte is onmiddellik vir die besit van dwelms gearrester.
“Dinsdag, 29 September 2026, om ongeveer 15:00, het SAPD-lede wat stop-en-deursoek-operasies in Nababeep uitgevoer het, ‘n 41-jarige man gearresteer nadat hy na bewering in besit van dwelms gevind is.
“Dieselfde aand om 22:10 is ‘n man in Okiep vir die besit van dwelms gearresteer. Kort daarna is ‘n tweede verdagte, ‘n 33-jarige man, ook vir die besit van dwelms gearresteer,” het die SAPD gesê.
Die Distrikskommissaris van Namakwa, brigadier Schalk Andrews, het die lede geprys vir hul volgehoue waaksaamheid en toewyding om onwettige dwelmhandel te ontwrig.
Die SAPD doen verder ‘n beroep op gemeenskappe om nou met die polisie saam te werk deur dwelmhandel, smokkelary en ander kriminele aktiwiteite aan te meld.
