Stad Kaapstad se Mariene en Omgewing-eenheid
Drie verdagtes gearresteer
Honderde Perlemoen, kreef gevind
MISDAADTONEEL: Gordonsbaai, Helderberg: Wetstoepassingsowerhede het Woensdag 24 Junie 2026 op 743 onwettige perlemoen beslag gelê en twee mense in Clarence Drive gearresteer.

“Die Stad Kaapstad se Mariene en Omgewing-eenheid, die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en GBSEC sekuriteitspersoneel, het gereageer op inligting en ‘n verdagte voertuig afgetrek.
“Die voertuig is deursoek en ‘n totaal van 743 perlemoen, wat vermoedelik onwettig besit en vervoer is, is in beslag geneem. ‘n Man en ‘n vrou is gearresteer,” het die Stad gesê.
Manenberg: ‘n Paar dae tevore, op Saterdag 20 Junie 2026, het die Mariene Eenheid inligting ontvang oor die onwettige verkoop van West Coast Rock Lobster in Sherwood Park, Manenberg.
“Terwyl hulle die huis deursoek het, het beamptes 720 kreefsterte ontdek. Die bewoner van die huis kon nie die wettige besit van die sterte bewys nie en is gearresteer,” het die Stad gesê.
