Wocester moord
Seun (17) sterf, nog een in hospitaal
Skieters teiken Worcester-tieners
MISDAADTONEEL: Worcester, Breederiviervallei: ‘n Tiener is dood en ‘n nog een gewond in ‘n skietvoorval Woensdagaand, 17 Junie 2026.

Die polisie sê die voorval het omstreeks 21:05 in Mbuthostraat, Zwelethemba, Worcester, plaasgevind.
Thembakazi Mpendukana, ‘n skakelbeampte vir die Wes-Kaapse polisie, sê ‘n 17-jarige seun is in sy maag geskiet en het by die hospitaal gesterf weens sy beserings.
“’n 19-jarige man wat ten tyde van die voorval saam met die oorledene was, is in sy voet geskiet en is onder mediese sorg. Die Worcester-polisie het ‘n moord- en poging tot moordsaak vir ondersoek geopen. Geen arrestasie is nog gemaak nie,” het Mpendukana gesê.
Enigiemand met inligting wat die polisie met die ondersoek kan help, word vriendelik versoek om Crime Stop te kontak by 08600 10111, of die MySAPS-App anoniem te gebruik.
