Polisie slaan toe by twee huise
3 vas oor onwettige wapens
MISDAADTONEEL: Macassar, Kaapstad: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het vier onwettige vuurwapens uit die gemeenskap verwyder en drie verdagtes gearresteer.

Die SAPD het gesê ‘n intelligensie-gedrewe operasie deur die Khayelitsha- en Macassar-polisie het gelei tot die arrestasie van twee verdagtes en ontdekking van drie vuurwapens Sondag, 26 Julie 2026.
Die polisie sê hulle het inligting ontvang oor vuurwapens by ‘n huis in Ring-laan, Macassar, en die perseel deursoek. Hier het hulle ‘n 9 mm-pistool met vyf rondtes ammunisie in ‘n motor gevind.
“Verdere ondersoek het die lede na die agterkant van die huis geeem waar hulle ‘n .38 Special-rewolwer met 48 rondtes ammunisie en ‘n 9 mm-pistool gevind het. Twee mans is gearresteer vir die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie,” het die SAPD gesê.
Maandagaand, 27 Julie 2026 was lede van Macassar-polisie besig met patrollies toe hulle inligting ontvang het oor ‘n vuurwapen by ‘n perseel in Ray-straat.
“Die lede het die huis deursoek en ‘n 9 mm-pistool met agt rondtes ammunisie onder die bad gevind het. ‘n Volwasse man is gearresteer vir die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie,” het die SAPD gesê.
Related News
Boy (13) shot on church premis
CRIME Scene: Uitsig, Cape Town: A 13-year-old boy has been shot and killed, allegedly byRead More
Hijackings traced to Mandalay
CRIME SCENE: Mandalay, Cape Town: Information about a vehicle hijacked in Harare, Khayelitsa has ledRead More
