Bejaarde van Saldanha gearresteer oor wapen
Polisie kry onwettige pistool in sy huis
Bejaarde vas oor wapen
MISDAADTONEEL: Saldanhabaai, Weskus: ‘n Bejaarde man is Maandagoggend 20 Julie 2026 deur die Openbare Orde Polisie-eenheid in die Weskus-distrik gearresteer.

Volgens die Suid Afrikaanse Polisiediens het lede inligting ontvang oor ‘n vuurwapen wat na ‘n adres in Baailaan, Diazville, verskuif is. Die perseel is deursoek en ‘n onwettige vuurwapen met ses .38-patrone is binne die huis gevind.
Die 65-jarige huis-eienaar is daarna gearresteer.
Khayelitsha : Die SAPD het ‘n kaping gefnuik en daarin geslaag om die vuurwapens wat in die misdaad gebruik is, terug te kry.
Volgens die SAPD het kapings in Spineweg, langs Qandu Qandu, Site B in Khayelitsha, onlangs begin toegeneem.
“Die Makhaza Anti-Kapingsspan het oor etlike dae operasies uitgevoer in ‘n poging om die verdagtes aan te keer.
“Maandagoggend, 20 Julie 2026, om 06:30, het lede drie verdagte mans opgemerk terwyl hulle ‘n wit Ford Ranger wat besig was om werksmense op te te, nader. Twee van die verdagtes het vuurwapens uitgepluk en probeer om die voertuig te kaap.
“Die kapingsspab het vinnig reageer en hulself as polisiebeamptes geïdentifiseer, maar die verdagtes het hul vuurwapens op die lede gerig,” het die SAPD gesê.
Die polisie het op die verdagtes geskiet, maar hulle het ontsnap en in ‘n informele nedersetting verdwyn. Die verdagtes het hul vuurwapens in die proses weggegooi wat deur die polisie gevind is.
Volgens die SAPD is geen burgerlikes beseer en eiendom beskadig nie. Die soektog na die verdagtes duur steeds voort.
