Bellville misdaad
Veiligheidsbeamptes tree proaktief op
Smash-en-grab verdagte vas
MISDAADTONEEL: Parow, Kaapstad: Veiligheidsbeamptes van die Voortrekker Road Corridor Improvement District (VRCID) het ‘n verdagte wat verbind word met onlangse smash-en-grab voorvalle op die hoek van Voortrekkerweg en Mike Pienaar-boulevard vasgevang.

Die VCIR-beamptes het Saterdag 30 Mei 2026 vier verdagte mans by die kruising waargeneem en ‘n stop-en-deursoek-operasie uitgevoer.
Tydens die deursoeking het beamptes ‘n mes en ‘n nagemaakte-vuurwapen op een van die verdagtes gevind. Die man is geïdentifiseer as ‘n verdagte in die onlangse smash-en-grab voorvalle wat by die kruising plaasgevind het.
Die verdagte is gearresteer en aan die Parow polisie oorhandig.
Dié beklemtoon die waarde van proaktiewe patrollies, intelligensie-gedrewe operasies en noue samewerking tussen die VRCID en ander wetstoepassers in om misdaad in Bellville en Parow te bekamp. (Bron: VRCID via Facebook)
