Bishop Lavis ongeluk

 
 

13-jarige sterf tragies in ongeluk

Tref-en-trap drywer gesoek

MISDAADTONEEL: Bishop Lavis, Kaapstad: Die polisie het ‘n beroep gedoen op getuies van’n tref-en-trap-ongeluk gesien om met inligting vorendag te kom.Va

Die ongeluk het Dinsdag 12 Mei 2026 omstreeks 15:23 op die hoek van Valhalla- en Robert Sobukwe-rylaan plaasgevind. Volgens berigte is ‘n 13-jarige seun noodlottig beseer nadat hy deur die bestuurder van ‘n onbekende voertuig getref is. Die bestuurder het van die toneel gevlug. ‘n Saak van strafbare manslag word ondersoek.

Mense met inligting of wat met die ondersoek kan help, word vriendelik versoek om die ondersoekbeampte, speurder-sersant Elvis van Rooyen, te kontak by 067 597 2671 of Crime Stop by 08600 10111.