Boksburg gevangene selfone
Verdagte versteek selfone, dwelms onder kussing
Gevangene met fone, Tik gevang
MISDAADTONEEL: Boksburg-gevangenis, Gauteng: Skaars ’n week nadat ’n gevangene met ’n selfoon in sy besit betrap is, het die polisie nog twee fone en Tik in sy sel ontdek.

Die gevangene, Joshua Belden Swarts (41), is gevolglik deur lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se direktoraat vir die ondersoek na ernstig georganiseerde misdaad gearresteer op ‘n aanklag van dwelmhandel.
Die SAPD sê hulle het op grond van intelligensie opgetree wat as deel van Projek Ditto ontvang is, en die Boksburg-gevangenis besoek.
“Die beskuldigde se sel is deursoek en die polisie het twee selfone onder die kussing gevind. Die span het ook die beskuldigde se kas deursoek en Tik met ’n geraamde straatwaarde van R12 000 gevind.
“Tydens ’n interne deursoek-operasie wat ’n week tevore deur die Departement van Korrektiewe Dienste op die beskuldigde uitgevoer is, is mnr. Swarts ook in besit van ’n selfoon gevang.
“Klagte van die besit van ’n gesteelde voertuig is ook by die dossier gevoeg nadat ’n gesteelde voertuig in sy besit gevind is voordat hy opgesluit is,” het die SAPD gesê.
