Coniston Park shooting

 
 

Skietery en roof in Coniston Park

Man op pad huis toe vermoor

MISDAADTONEEL: Coniston Park, Kaapstad: Rowers het Maandagaand, 8 Junie 2026 ‘n 42-jarige man se lewe kortgeknip toe hulle hom doodgeskiet het.

Pic via Facebook

Die polisie van Muizenberg het omstreeks 17:55 gereageer op ‘n skietery by ‘n oop veld in Coniston-laan, Coniston Park.

Sersant Wesley Twigg, ‘n media skakelbeampte van die Wes-Kaapse polisie, het gesê toe die lede by die toneel aankom, het hulle die man met skietwonde aan sy liggaam gevind.

“Die slagoffer is op die toneel deur mediese personeel dood verklaar. Volgens berigte was die slagoffer op pad huis toe toe hy deur drie onbekende verdagtes genader is wat hom geskiet het. Die motief vir die aanval is vermoedelik roof. Die verdagtes het van die toneel gevlug en moet nog gearresteer word,” het Twigg gesê.

Muizenberg-polisie ondersoek ‘n moordsaak.

Mense met inligting oor kan Crime Stop kontak by 08600 10111 of die MySAPS-App anoniem gebruik.