E-hailer beroof in Lotusrivier
Verdagtes doen hulle voor as kliënte
3 beroof e-hailing bestuurder
MISDAADTONEEL: Lotusrivier, Kaapstad: ‘n E-hailing-bestuurder is deur drie mans, wat voorgegee het hulle is kliënte, van sy selfoon en hoodie top beroof.

‘n Video van die rooftog het sedert die voorval viral gegaan op sosiale media, met ten minste drie verdagtes sigbaar tydens die voorval.
Volgens konstabel Ndakhe Gwala, ‘n polisiewoordvoerder vir die Wes-Kaap, ondersoek Grassy Park-polisie ‘n saak van gewapende roof na die voorval wat Dinsdag, 28 Julie 2026 in Klip-weg, Lotusrivier, plaasgevind het.
“’n 25-jarige man het gereageer op ‘n rit-versoek by Klipweg. Met sy aankoms is hy met ‘n vuurwapen gedreig en deur onbekende manlike verdagtes van sy selfoon en swart hoodie beroof.
“Enigiemand met inligting wat met die ondersoek kan help, word vriendelik versoek om Grassy Park-speurders te kontak by 021 700 3900 of Stop Misdaad by 08600 10111,” het Gwala gesê.
