Gordon Searle moord
Man vermoor, twee in aanval gewond
Skietery in Cafda eis een
MISDAADTONEEL: Cafda Village, Kaapstad: ‘n Vrou en twee mans is Dinsdagaand, 10 November 2026, hier geskiet. Een van die mans is op die toneel oorlede.

Volgens ‘n skakelbeampte vir die Wes-Kaapse polisie, sersant Wesley Twigg, ondersoek speurders van Steenberg ‘n saak van moord en twee aanklagte van poging tot moord ná die voorval wat omstreeks 21:15 in Gordon Searle-straat, Cafda, Retreat, plaasgevind het.
“’n 38-jarige man is geskiet en noodlottig gewond, terwyl ‘n ander man en ‘n 44-jarige vrou ook gewond is. Toe polisiebeamptes op die toneel aankom, het hulle die slagoffers met skietwonde aan hul liggame aangetref.
“Volgens berigte het die slagoffers in die pad gestaan toe insittendes van ‘n wit Hyundai Getz op hulle begin skiet het, waarna die aanvallers van die toneel gevlug het,” het Twigg gesê.
Enigeen met inligting oor die voorval kan Crime Stop by 08600 10111 kontak of die MySAPS-toepassing gebruik om inligting anoniem deur te gee.
