Helderberg taxi skietery

 
 

Gewonde bestuurder ry na vulstasie vir hulp

Taxi drywer, passasiers geskiet

MISDAADTONEEL: Strand, Helderberg: Twee sekerheidswagte is vroeg Dinsdagoggend, 30 Junie 2026, in ‘n taxi geskiet en gewond.

‘n Skakelbeampte van die Wes-Kaapse polisie, sersant Wesley Twigg, het gesê die Strand-polisie het sake van poging tot moord aanhangig gemaak na die skietvoorval wat omstreeks 07:40 op die hoek van Broadway Boulevard en hoofweg Strand plaasgevind het.

“Toe die polisie op die toneel aankom, het hulle die slagoffers in ‘n minibus-taxi gevind met skietwonde aan hul liggame. Onbekende verdagtes het op die voertuig losgebrand.

“Die sekerheidswagte is na ‘n mediese fasiliteit vervoer vir behandeling. Die verdagtes het van die toneel gevlug en niemand is nog gearresteer nie. Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek.

In ‘n tweede voorval later die dag is ‘n taxibestuurder in Eersterivier geskiet. Hy het daarin geslaag om na die Shell-vulstasie in Firgrove te ry, waar noodpersoneel hom gehelp ​​het voordat hy hospitaal toe geneem is.

Enigiemand met inligting oor die voorvalle kan Stop MIsdaad kontak by 08600 10111 of die MySAPS-App anoniem gebruik.