Kaapstad moorde

 
 

Twee kritiek; verdagtes nog op vrye voet

Vier sterf in Nyanga massa-skietery

MISDAADTONEEL: Nyanga, Kaapstad: Vier mans is Dinsdagoggend, 2 Junie 2026 doodgeskiet en nog twee ernstig gewond in ‘n voorval wat dalk verband hou met die taxi bedryf.

Volgens ‘n media skakelbeampte vir die Wes-Kaapse polisie, kolonel Andrè Traut, dui voorlopige verslae daarop dat onbekende verdagtes omstreeks 08:30 op ‘n groep individue op die hoek van Moonwood-rylaan en Sheffield-weg losgebrand het.

“Vier mans, wie se ouderdomme nog nie bekend is nie, is op die toneel dood verklaar. Twee ander mans is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem. Die verdagtes het van die toneel gevlug en is nog nie geïdentifiseer nie,” het Traut gesê.

Speurders verbonde aan die taxi-eenheid vir provinsiale ernstige geweldsmisdade (PEG) volg alle beskikbare leidrade om die verdagtes aan te keer. Forensiese kundiges is besig op die misdaadtoneel en bewyse in te samel as deel van die ondersoek. Bykomende polisie is in die gebied ontplooi om veiligheid te verhoog en stabiliteit te handhaaf, het hy bygevoeg.

Enigiemand met inligting word versoek om Crime Stop te kontak by 08600 10111 of inligting anoniem via die MySAPS-App te verskaf.