Kathu skoolfonds gesteek

 
 

Administrateur verduister na bewering R4,6-m

Vrou tronk toe oor skoolgeld

MISDAADTONEEL: Kathu, Noord-Kaap: ‘n Voormalige skooladministrateur is gearresteer vir die verduistering van R4,6-miljoen skool fondse.

Hierdie foto is met behulp van AI geskep en word slegs ter illustrasie gebruik.

Die 43-jarige vrou is angekla vir, onder meer, bedrog en vervalsing. Sy is Donderdagoggend, 2 Julie 2026 by haar woonplek in Kathu, naby Kuruman deur die Valke se ernstige handelsmisdaad-ondersoek- en die polisie se ernstige georganiseerde misdaad-eenhede, gearresteer.

Die beskuldigde, wat voorheen as ‘n finansiële administrateur by Kathu Hoërskool gewerk het, het na bewering aparte private bankrekeninge geskep waarin  sy skoolgelde betaal het.

Volgens die polisie is daar in Oktober 2025 onraad vermoed toe ‘n oudit onreëlmatighede in die skool se finansiële rekords opgetel het.

Die betrokke fondse sluit in leerders se skoolfooie en geld van skenkers, wat gebruik word om salarisse te betaal vir onderwysers wat deur die Skoolbeheerliggaam (SBL) aangstel word.

Die Valke se ondersoek het aan die lig gebring die beskuldigde het na bewering fiktiewe fakture geskep wat voorgekom hegt of dit wettige skoolverskaffers is en dan die betalings aan haar private rekening vir haar eie voordeel gemagtig het.

Daar word verder beweer dat die beskuldigde haarself oortyd betaal het ten spyte van die skool se beleid wat sulke betalings verbied.

Die beskuldigde sal môre, Vrydag 3 Julie 2026, voor die Kathu-landdroshof verskyn vir ‘n moontlike borgtogaansoek.