Langa Dwelms
Polisie arresteer ook 2 ander vir dwelms
Man (20) vas oor vuurwapen
MISDAADTONEEL: Mitchells Plain, Kaapstad: ’n 20-jarige man, wat van die polisie probeer vlug en na bewering van ’n onwettige vuurwapen probeer onstlae raak, is agter tralies.

Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het die Anti-bende-eenheid Woensdag, 16 September 2026, ’n intelligensie-gedrewe operasie in Beacon Valley, Mitchells Plain, uitgevoer.
“Hulle het inligting opgevolg en was op pad na die geïdentifiseerde perseel toe hulle ’n man opmerk wat na die agterkant van die huis hardloop en iets laat val. Hy is gearresteer en ’n .38 Special-rewolwer met ammunisie is op die grond gevind,” het die SAPD gesê.
PAROW: Lede van Operasie Lockdown 3 het ’n geïdentifiseerde perseel in Duncan-weg deursoek, waar hulle 60 Mandrax-tablette agter ’n kas in die eetkamer gevind het. ’n Volwasse vrou is vir die besit van dwelms gearresteer.
LANGA: ’n Besending dwelms, bestaande uit Tik, kokaïen, ecstasy en Mandrax, is op Woensdag, 16 September 2026, deur lede van Operasie Lockdown 3 by ’n huis in Haarlemstraat, Langa, gekonfiskeer.
