Ponzi

 
 

Ouman loop verskeie mense in met Ponzi-skema

Straf wag na bedrog van R9-miljoen

IN DIE HOF: Die Parow-landdroshof het Andrew Paul Futcher (62) skuldig bevind aan bedrog nadat hy verskeie mense met meer as R9,2-miljoen ingeloop

Die hof het gehoor Futcher was vanaf 2010 tot 2011 betrokke by ‘n bedrogskema.

Hy het ‘n Ponzi-skema onder die naam Ablaze Trading CC bedryf waardeur hy beleggings ter waarde van meer as R9,2 miljoen gewerf en beleggers ‘n maandelikse opbrengs van 10% gewaarborg het.

Hy het op die aandelemark verhandel via ‘n geregistreerde makelaar, DWT Securities.

Die hof het verder gehoor dat die beskuldigde, nadat hy die geld van beleggers ontvang het, versuim het om die fondse soos belowe te belê. Hy het egter ‘n gedeelte van ou beleggers se geld terugbetaal met geld wat hy van nuwe slagoffers ontvang het.

Hy is ook reeds in April 2004 vir soortgelyke oortredings tot 12 jaar gevangenisstraf gevonnis.

Die saak is tot 2 Junie 2026 uitgestel vir vonnisoplegging en Futcher is op streng borgtogvoorwaardes vrygelaat.