Prince Albert ongeluk
Verwoestende tonele toe minibusse en motor bots
Gru-ongeluk op N1 eis 21
ONGELUKSTONEEL: Nooddiens-personeel het ‘n grusame ontdekking gemaak toe hulle reageer het op ‘n verwoestende ongeluk, waarin minstens 21 mense Sondagaand, 13 September 2026 ,op die N1-snelweg hul lewens verloor het.

Die ongeluk, waarin twee minibusse en ‘n stasiewa betrokke was, het omstreeks 23:30 naby Leeu-Gamka in die Wes-Kaap plaasgevind.
Die N1 is tans in albei rigtings gesluit. Die enigste beskikbare alternatiewe roete is via Prince Albert Road-stasie, langs die R407 in die rigting van die N12, en dan verder met die N12 na Beaufort-Wes, ‘n ompad van ongeveer 200 km.
Owerhede het motoriste gewaarsku om die gebied te vermy, aangesien aansienlike vertragings verwag kan word.
Bestuurders van swaarvoertuie en langafstandvervoerders is ook versoek om by die naaste vragmotor-stop of dorp stil te hou totdat die N1 veilig verklaar en weer oopgestel word.
Nooddiensspanne wat by die toneel betrokke is, sluit in die SAPD, Provinsiale Verkeersdienste, Sentraal-Karoo Brandweer en Redding, asook Metro-nooddienste (EMS) van die Sentraal-Karoo.

