Stellenbosch munisipaliteit
Verdagte in Klapmuts vasgekeer voor hy kon vlug
Tik-sukses vir wetstoepassers
MISDAADTONEEL: Mandela City, Klapmuts: Wetstoepassing-beamptes van die Stellenbosch-munisipaliteit het ‘n verdagte gearresteer en Tik gekonfiskeer nadat hulle ‘n wenk van die publiek ontvang het.

Die munisipaliteit het in ‘n verklaring gesê: “Ons Wetstoepassing-taktiese-reageereenheid (TRU) maak steeds ‘n verskil in die stryd teen misdaad.
“Na aanleiding van inligting oor beweerde dwelmhandel in Mandela City, Klapmuts, het TRU-beamptes vinnig gereageer en ‘n man Vrydag, 16 Oktober 2026 gearresteer wat na bewering probeer vlug het toe hy die beamptes opmerk.
“‘n Soektog het gelei tot die beslaglegging van 55 pakkies Tik.”
Die verdagte gearresteer vir die besit van dwelms en aan die SAPD in Klapmuts oorhandig.
