Tafelsig pa doodgesteek

 
 

Beseerde familielid hospitaal toe geneem

Pa in huis doodgesteek

MISDAADTONEEL: Mitchells Plain, Kaapstad: ‘n Tragedie het ‘n gesin van Tafelsig net na middernag op Dinsdag, 30 Junie 2026 getref toe ‘n pa in sy huis doodgesteek is.

Die foto is met behulp van AI geskep en word slegs vir illustrasie doeleindes gebruik.

Daar was spekulasie op sosiale media dat die 45-jarige pa se keel deur sy eie seun afgesny is, maar die polisie het dit nie bevestig nie.

‘n Skakelbeampte vir die Wes-Kaapse polisie, konstabel Ndakhe Gwala, sê die polisie het omstreeks 00:10 gereageer op ‘n steek voorval in Lebombo-straat.

“Met hul aankoms het hulle die liggaam van ‘n 45-jarige man agter in die hoofhuis gevind met ‘n steekwond in die nek. Hy is deur mediese personeel op die toneel dood verklaar.

“Getuies het ‘n 22-jarige manlike verdagte uitgewys wat ‘n familielid van die oorledene is. Hy was beseer en is na die hospitaal geneem vir behandeling. Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek,” het Gwala gesê.