Tuinroete dwelms

 
 

Baie dwelms gevind, 4 word gearresteer

Klopjagte in Tuinroete bring sukses

MISDAADTONEEL: Tuinroete, Suid-Kaap: Vier mense is gearresteer en ‘n groot aantal dwelms gekonfsikeer misdaadbestrydingsoperasies operasies vandeesweek.

Knysna: Op Maandag 20 Julie 2026, omstreeks 04:00, het die Knysna-polisie gereageer op ‘n wenk in Bongani, Knysna.

Toe hulle by die perseel aankom, het die polisie ‘n man opgemerk wat ‘n onbekende stof insluk.

“Hulle het die perseel deursoek en 390 Mandrax-tablette, sewe pakkies kokaïen, vyf pakkies Tik en kontant ontdek.

“’n 35-jarige man is gearresteer op aanklagte van dwelmhandel, besit van dwelms en regsverydeling. Hy is na ‘n nabygeleë hospitaal gehaas vir ‘n mediese ondersoek en om die dwelms wat hy ingesluk het, te verwyder.

 “Die man is onder polisiebewaking in die hospitaal opgeneem tot Woensdag, 22 Julie 2026,” het die Suid Afrikaanse Polisiediens (SAPD) gesê.

Oudtshoorn: Op Dinsdag, 21 Julie 2026, het die Oudtshoorn Misdaadvoorkomingseenheid, Wes-Kaapse Taktiese Reaksiespan en Misdaadintelligensie ‘n perseel in 1ste Laan, Bridgeton, deursoek. Terwyl hulle op die perseel was, het die polisie ‘n man opgemerk wat die badkamer nader, waar hy probeer het om dwelms in die toilet af te spoel.

“Die waaksame lede het ingegryp en 51 Mandrax-tablette, twee halwe Mandrax-tablette en 24 bankies Tik gekonfiskeer. ‘n 50-jarige man is gearresteer op ‘n aanklag van dwelmhandel.

“Later dieselfde dag, 21 Julie 2026, het hulle op ‘n huis in 1ste Laan, Thabo Mbeki-plein, Bongolethu, toegeslaan 60 Mandrax-tablette en agt halwe Mandrax-tablette gekonfiskeer het. Die polisie het ook sewe 9 mm-patrone in die plafon gevind. ‘n 41-jarige vrou en ‘n 45-jarige man is in hegtenis geneem,” sê die SAPD.