Valhalla Park 91 Mandrax pille
Polisie vind fabriek wat drankies namaak
Kopseer vir onwettige drankhandel
MISDAADTONEEL: Gugulethu, Kaapstad: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het die onwettige handel in drank ‘n hewige kopseer gegee toe hulle ‘n onwettige drank-fabriek hier ontdek en vyf mense gearresteer het.

Volgens die SAPD is ‘n intelligensie-gedrewe operasie deur die Gugulethu misdaad-voorkomingseenheid Woensdag 1 Julie 2026 uitgevoer, wat gelei het tot die ontdekking van die fasiliteit by NY108, Gugulethu.
“Die polisie het reageer op inligting oor die fabriek en toe hulle by die adres aankom, het hulle vier mans en ‘n vrou binne die woning gevind. Die lede het die huis deursoek. Hulle het klein houers, produk-etikette, verseëlde bokse met drankbottels en toerusting wat gebruik word in die maak en verpakking van drank, ontdek.
“Groot houers met gemengde chemikalieë, wat in die produksieproses gebruik word, is ook ontdek,” het SAPS gesê.
Die vyf verdagtes, tussen 19 en 50-jaar-oud, is gearresteer op aanklagte van die vervaardiging van onwettige drank.
Valhalla Park: Polisie verbonde aan Operasie Lockdown 3 het twee mans, onderskeidelik 45 en 55-jaar-oud, gearresteer vir die besit van dwelms tydens stop-en-deursoek-operasies.
Hulle het ‘n verdagte motor afgetrek en een van die mans in die voertuig het ‘n plastieksak uitgegooi. Die polisie het ontdek dit bevat 92 Mandrax-tablette.
