Vanrhynsdorp vuurwapen
Polisie kry onwettige vuurwapens terug
Aanklagte teen man hoop op
MISDAADTONEEL: Vanrhynsdorp, Matzikama: ‘n Man wat vir poging tot moord gearresteer en aangehou is, staar nog aanklagte in die gesig nadat die Vanrhynsdorp SAPD Maandag, 15 Junie 2026 ‘n onwettige vuurwapen in sy woonstel in Skool-straat ontdek het.

Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is die ontdekking gemaak tydens ‘n intelligensie gedrewe operasie. Die verdagte sal in die Vanrhynsdorp Landdroshof verskyn.
Mitchells Plain: ‘n Vuurwapen wat in 2025 by die Mtubatuba SAPD, in KwaZulu-Natal as gesteel aangemeld is, is in ‘n winkelsentrum in Mitchells Plain teruggevind.
Volgens die SAPD het lede van die Mitchells Plain-polisie ‘n klagte op Dinsdag 16 Junie 2026 omstreeks 17:25 opgevolg oor ‘n man wat met ‘n vuurwapen in ‘n winkelsentrum rondloop.
“Die lede het na die winkelsentrum gegaan en die verdagte genader. Hulle het hom deursoek en ‘n ongelisensieerde vuurwapen in sy besit gevind. Verdere ondersoek het aan die lig gebring die vuurwapen is in 2025 by die Mtubatuba SAPD, in KwaZulu-Natal, as gesteel aangemeld. ‘n 22-jarige man is deur die Lentegeur SAPD in hegtenis geneem,” sê die SAPD.
