Vrygrond onwettige medikasie

 
 

Verdagte ook nie wettig in die land nie

Man vas oor onwettige medisyne

MISDAADTONEEL: Vrygrond, Kaapstad: ‘n 22-jarige man is gearresteer vir die besit van voorgeskrewe medikasie en dat hy onwettig in die land is.

Volgens ‘n skakelbeampte vir die Wes-Kaapse polisies, kaptein FC Van Wyk, was lede verbonde aan Operasie Prosper Donderdag, 18 Junie 2026 omstreeks 19:00 op patrollie in Vrygrond toe hulle inligting ontvang oor die onwettige handel in medikasie by ‘n perseel in Berg-straat.

“Hulle het na die winkel gegaan en die medikasie op die rakke gevind. Die medikasie was reeds verby hul vervaldatums, waarvan sommige dateer uit 2025. ‘n Verskeidenheid medikasie is gekonfiskeer en by die Muizenberg SAPD as bewysstukke ingehandig.

“By verdere ondersoek is ontdek dat die verdagte geen wettige dokumentasie het om in Suid-Afrika te wees nie.

“Hy is gearresteer en sal binnekort in die Wynberg-landdroshof verskyn op aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Wet op medisyne en verwante stowwe, sowel as die immigrasie wette,” het Van Wyk gesê.