Wesbank vuurwapen

 
 

Polisie slaan toe in Wesbank

Man met onwettige vuurwapen gevang

MISDAADTONEEL: Wesbank, Kaapstad: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ‘n man in hegtenis geneem in verband met die onwettige besit van ‘n vuurwapen.

Volgens die polisie was lede van die openbare orde-eenheid in die vroeë oggendure van Sondagoggend, 14 Junie 2026 besig met stop-en-deursoek-operasies in Swartkop-weg, toe hulle ‘n verdagte wat in die strate rondgedwaal het, deursoek.

“Die lede ‘n 9 mm-pistool met ses rondtes ammunisie in sy besit gevind. Die verdagte het geen vuurwapenlisensie vir die pistool gehad nie. Hy sal in die Blue Downs-landdroshof verskyn sodra hy aangekla is,” het die polisie gesê.