Weskus

 
 

Gesoek!

Lasbrief vir bedrog verdagte

MISDAADTONEEL: Lambertsbaai, Weskus: Die polisie hier soek die hulp van die publiek om Louis Agrela (63) op te spoor,.

Agrela word gesoek vir bedrog wat tussen Oktober 2018 en Augustus 2023 gepleeg is. ‘n Lasbrief vir sy arrestasie is deur die Clanwilliam-landdroshof uitgereik.

Enigiemand met enige inligting of wat weet waar Agrela hom bevind, word vriendelik versoek om die ondersoekbeampte, Adjudant-offisier Charlie Bonn, te kontak by 079 894 1680 of Crime Stop by 08600 10111.


Bestuurder ry oor rooi lig, nou vas

Verdagtes vas oor vuurwapens

MISDAADTONEL: Vredenburg, Weskus. – Die polisie het toegeslaan op ‘n kar sonder nommerplate en drie mans gearresteer vir die besit van ongelisensieerde wapens.

Cops van  Vredenburg was op 16 Februarie besig met misdaadvoorkomingsoperasies toe hulle ‘n silwer Suzuki sonder nommerplate oplet. Die bestuurder van die Suzuki het oor ‘n rooi verkeerslig gery. Die polisie het toe die motor afgetrek.

Toe die bestuurder uit die motor klim, het die polisie ‘n 9 mm-pistool op die bestuurdersitplek opgemerk. Die polisie het ook opgemerk hoe een van die passasiers iets onder die sitplek probeer wegsteek. Die polisie het hulle toe beveel om uit die motor te klim. Die voertuig is deursoek en drie vuurwapens met ammunisie, motor nommerplate en balaclavas is in die kar gevind.

Die bestuurder van die voertuig het wel ‘n lisensie vir een van die vuurwapens gehad, maar twee van die vuurwapens was ongelisensieerd.   

Die drie verdagtes van 25, 45 en 46-jaar-oud is in hegtenis geneem vir die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.