Wesley Twigg

 
 

Twee vas na video viral gaan

Kamera wys hoe twee bestuurder beroof

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is op soek na twee mans wat ‘n e-hailing bestuurder in sy kar beroof het.

Die voorval het Saterdag 25 April om 20:47 in Parkwood plaasgevind. Die roof is deur die kar se dash cam video opgeneem en het sedertdien viral op sosiale media-platforms gegaan.

‘n Polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, sersant Wesley Twigg, het bevestig die voorval het in Persweg plaasgevind toe die bestuurder op ‘n versoek op ‘n rit aanvaar het.

Toe hy by die optelplek aankom, het twee mans by die voertuig ingeklim. Op die video is dit duidelik die verdagte op die agtersitplek is gewapen, terwyl die een wat langs die bestuurder sit, hom aanhou dreig.

Hulle het die bestuurder van persoonlike besittings, insluitend sy selfoon en kontant, beroof voordat die verdagtes uit die motor geklim en in die donkerte verwyn het.

Die Grassy Park-polisie ondersoek ’n gewapende roof saak.

Die polisie het ‘n beroep gedoen op mense met inligting om Crime Stop by 08600 10111 te kontak of die MySAPS App anoniem te gebruik.

Nuusflits: Verskeie bronne dui aan beide verdagtes is op die middag van 28 April 2026 in Lavender Hill deur die Stad Kaapstad se Metro-polisie gearresteer en aan die SAPD oorgegee. Gemeenskapslede het vroeër die mans gevang en aan die Metro-polisie oorhandig.