Belhar moord
Skieter gee kopskoot terwyl 16-jarige op grond lê
Tiener koelbloedig vermoor
MISDAADTONEEL: Belhar, Kaapstad: ’n Tiener se lewe is brutaal kortgeknip toe hy voor ’n huiswinkel doodgeskiet is.

Volgens ’n skakelbeampte vir die Wes-Kaapse polisie, konstabel Ndakhe Gwala, het die skietery Vrydag, 23 Oktober 2026, omstreeks 07:50 voor in Adam Tas-laan, Belhar, plaasgevind.
Gwala sê die 16-jarige slagoffer is volgens berigte deur drie onbekende mans genader.
“Een van die verdagtes het die oorledene in die been geskiet, waarna hy geval het. Die verdagte het hom toe in die kop geskiet. Hy is op die toneel deur mediese personeel dood verklaar.
“Daar word vermoed dat die motief vir die aanval bende-verwant is, en geen arrestasies is tot dusver gemaak nie. Die Belhar-polisie het ’n saak van moord geopen,” het Gwala gesê.
