Bellville valse goedere
Byna R100-m se goedere gekonfiskeer
Polisie slaan toe op valse ware
MISDAADTONEEL: Bellville, Kaapstad: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en Brand Protectors het nagemaakte goedere ter waarde van R98-miljoen gekonfiskeer.
Die SAPD en Brand Protectors het Dinsdag 9 Junie 2026 inspeksies uitgevoer by winkels wat vermoedelik nagemaakte goedere in die Bellville sentrale sakekern verkoop.
Tydens die operasie het hulle ‘n verskeie vervalste klere en onwettige goedere gekonfiskeer, insluitend bekende handelsmerk-klere en tekkies, met ‘n geraamde straatwaarde van R98 miljoen.
Volgens die polisie is die operasies daarop gemik om die handel in nagemaakte en onwettige goedere in die Wes-Kaap te bestry en verbruikers en wettige besighede wat deur daardeur geraak word, te beskerm.
Die omstandighede word nog ondersoek en diegene wat verantwoordelik is vir die onwettige handel sal vervolg en ander ondervra word.
Die beslaglegging word beskou as ‘n harde slag vir die onwettige handel in nagemaakte goedere, het die polisie gesê.

