Delft baba gered

 
 

Wetstoepassers raak toe baba oppassers

Goedheid seëvier in Delft

WETSTOEPASSERS van die Stad Kaapstad het weereens gewys daar is nog goed in die wêreld ten spyte van al die onsmaaklikhede – messtekery, vuurwapen skote en oorloë – wat ons daagliks in die gesig staar.

Die foto is met behulp van AI geskep en word slegs ter illustrasie gebruik.

Net vroeër vandag het Crime Scene Report ‘n storie gepubliseer oor ‘n pasgebore baba se liggaam wat in ‘n vlak graf in Hanover Park gevind is. Twee mense is reeds gearresteer geneem vir hierdie afskuwelikste van misdade.

Maar tog moet ons nie ons oë en ore toemaak vir die goeie goed wat daagliks reg voor ons gebeur nie. Ja, daar is steeds goeie mense. VANDAG SE HELDE!

Neem die geval van boegenoemde wetstoepassingsbeamptes wat sowat 23:00 op Sondagaand, 19 Julie 2026 besig was om voertuie in Delft afgetrek het.

Terwyl die beamptes ‘n verkeersboete uitgereik het, het hulle ‘n man sien verbyloop met ‘n huilende baba.

By nadere ondersoek, sê die beamptes, het hulle opgemerk dat die kind nie warm genoeg aangetrek was vir die toestande nie, en ook nie met ‘n kombers toegemaak was nie. Daarbenewens het hulle ook gesien die man, wat homself as die baba se pa geïdentifiseer het, smoordronk was.

Die beamptes het onmiddellik opgetree en die baba, saam met die pa, na die Delft-polisiestasie geneem waar hulle maatskaplike werkers in die hande gekry het om die saak te ondersoek en die kind na ‘n plek van veiligheid te ne neem.

“’n Mens kan net wonder wat sou gebeur het as ons beamptes nie ingegryp het nie. Slegs die afgelope week het wetstoepassers 93 motoriste vir dronkbestuur gearresteer.

“Hierdie voorvalle is ‘n bewys daarvan hoe ons alkoholmisbruik genormaliseer het, terwyl dit in werklikheid een van die mees verwoestende uitdagings vir ons sosiale struktuur bly,” het die Stad se Burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, Raadslid JP Smith, gesê.