Eastridge Stilpane syrups
Vrou na bewering met 50 sakkies Tik gevind
Polisie maak dwelm arrestasies
MISDAADTONEEL: Heinz Park, Kaapstad: Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ‘n 32-jarige vrou gearresteer wat na bewering 50 sakkies in haar besit gehad het.

Die SAPD sê lede van Operasie Lockdown 3 het Sondag, 13 September 2026, inligting opgevolg wat hulle na Coronation-straat in Heinz Park gelei het, waar hulle die vrou met die dwelms aangetref het.
Eastridge, Mitchells Plain: In ‘n afsonderlike voorval is ‘n 28-jarige man op dieselfde dag omstreeks 17:15 deur lede van Operasie Prosper gearresteer.
Die man is na bewering in sy huis in besit van 22 eenhede Stilpane-stroop en kontant gevind. Hy is gearresteer ingevolge die Wet op die Beheer van Medisyne.
Goodwood: ‘n 36-jarige man is tydens ‘n stop-en-deursoek-operasie in die Goodwood-gebied gearresteer nadat hy na bewering met 10 Mandrax-tablette in sy sakke gevind is.
