Grassy Park Mandrax
Polisie kry 69 000 Mandrax pille in Grassy Park
Vrou (58) vas oor R5,5m se dwelms
MISDAADTONEEL: Grassy Park, Kaapstad: ‘n 58-jarige vrou is gearresteer nadat die polisie Mandrax tablette met ‘n geskatte straatwaarde van R5,5 miljoen by ‘n stoorfasiliteit in 8ste Laan, Grassy Park gekry het.

Die Nasionale Intervensie-eenheid en Misdaadintellegensie het in die vroeë oggendure van Donderdag, 15 Oktober, ‘n operasie uitgevoer nadat inligting ontvang is oor dwelm aktiwiteite by die betrokke adres.
“Met hulle aankoms omstreeks 01:40 is ‘n deeglike deursoeking gedoen het die polisie die plek deeglike deursoek en afgekom op 69 sakke wat elk 1 000 Mandrax-tablette bevat het.
“Die 58-jarige vrou word in die Grassy Park-polisieselle aangehou op aanklag van die besit van dwelms en sal Vrydag, 16 Oktober 2026, in die Wynberg-landdroshof verskyn,” het die Suid-Afrikaanse Polisiediens gesê.
Die provinsiale kommissaris van die Wes-Kaapse polisie, luitenant-generaal Sizakhele Dyantyi, het die uitstekende werk van SAPD-lede geloof om dwelmvrye en veiliger gemeenskappe in die provinsie te verseker.
