Handgranaat

 
 

Handgranaat, vuurwapens en dwelms gekonfiskeer

Prosper pos verdagtes tronk toe

Operasie Prosper, die gesamentlike ontplooiing van die polisie en die Suid-Afrikaanse nasionale weermag (SANW) om bendegeweld op die Kaapse Vlakte te bekamp, het vandeesweek verskeie verdagtes tronk toe gepos.

Hier volg ‘n tydlyn

Donderdag, 22 April 2026

Freedom Farm, Delft: Prosper-lede het in die vroeë oggendure toegeslaan en beslag gelê op vyf vuurwapens, twee aangepaste magasyne, ‘n groot hoeveelheid ammunisie en ‘n M26-handgranaat, by die Freedom Farm informele nedersetting.

In die eerste voorval is ‘n 23-jarige verdagte gearresteer nadat twee 9 mm-vuurwapens en ammunisie by ‘n perseel ontdek is.

Verdere ondersoek het gelei tot die ontdekking van nog twee vuurwapens, ammunisie en die handgranaat wat by ‘n uitgebrande plakkershut begrawe is. Hier is ‘n 35-jarige man gearresteer.

Die operasie het toe beweeg na nabygeleë persele waar nog ‘n 9 mm-vuurwapen en ammunisie ontdek is, wat gelei het tot die arrestasie van ‘n 35-jarige man.

Verder is ‘n 36-jarige man gearresteer nadat tik onder ‘n mat in ‘n plakkershut gevind is.

Woensdag, 22 April 2026

Khayelitsha: Prosper-lede het omstreeks 14:30 in K-2 Temporals, Terrein B, 24 deursigtige plastieksakke tik ontdek en ‘n 23-jarige man is gearresteer.

Hanover Park: ‘n 43-jarige vrou is omstreeks 15:20 in Lynstonweg, Hanover Park, gearresteer nadat sy in besit van een pakkie kokaïen, 25 sakkies dagga en 20 daggasigarette gevind is.

Nyanga: ‘n 39-jarige man is omstreeks 17:00 in Sithandathustraat in besit van 71 sakkies kokaïen gevind. Hy is in hegtenis geneem vir dwelmhandel, aanranding op die polisie, verset teen arrestasie en oortreding van die Immigrasiewet.

Dinsdag, 21 April 2026

Voorbrug, Delft: Twee mans is in Akkerdaaistraat voorgekeer. Een van die twee, ‘n 32-jarige, is in besit van drie sakkies tik, ses Mandrax-tablette en 2.8g kokaïen gevind. ‘n Man wat saam met hom geloop het, ‘n 37-jarige, is met dieselfde hoeveelheid dwelms in sy besit gevind. Beide is gearresteer.

Eindhoven, Delft: ‘n Verdere soektog in die gebied het gelei tot die arrestasie van ‘n 54-jarige man wat in Atbostraat in besit van 10 sakkies kokaïen gevind is.

▪Operasie Prosper is op 1 April 2026 van stapel gestuur om kriminele aktiwiteite te ontwrig, onwettige vuurwapens uit sirkulasie te verwyder en ‘n veiliger omgewing vir inwoners op die Kaapse Vlakte te skep.