Khayelitsha

 
 

Police target Khayelitsha and Siqalo

Operasie Lockdown maak arrestasies

MISDAADTONEEL: Khayelitsha, Kaapstad: ‘n 48-jarige vrou is omstreeks middernag Donderdag 21 Mei 2026 gearresteer vir die onwettige besit van ammunisie.

Lede van Operasie Lockdown 3 het die verdagte in Guqukastraat, Dorp Twee, in besit van 18 rondtes ammunisie gevind.

Phillipi: Lede van Operasie Lockdown 3 het ‘n 39-jarige man in die Siqalo Informele Nedersetting in Phillipi in hegtenis geneem vir die besit van ‘n onwettige vuurwapen.

Die polisie het inligting ontvang en na die man se informele huis gegaan. Hulle het die plek deursoek en ‘n .38 Special-rewolwer sonder ‘n reeksnommer en sewe rondtes ammunisie onder die verdagte se matras ontdek.


Ammunisie, dwelms gekonfiskeer

Sukses vir Operasie Lockdown

MISDAADTONEEL: Athlone, Kaapstad: Lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) verbonde aan Operasie Lockdown het twee verdagtes in afsonderlike voorvalle gearresteer. Die voorvalle het Donderdag 14 Mei 2026 en Vrydag 15 Mei 2026 plaasgevind.

Die polisie het omstreeks 17:30 in Athlone operasies uitgevoer en ‘n aantal persele deursoek. By ‘n huis in Sysamoreweg het hulle ‘n 40-jarige man met 31 Mandrax-tablette en twee halwe Mandrax-tablette in sy besit gevang.

KHAYELITSHA: Omstreeks 00:20 op Vrydag 15 Mei 2026 het die Operasie Lockdown-lede 116 rondtes ammunisie in Kamastraat, Site C, ontdek en ‘n 23-jarige vrou is gearresteer vir die onwettige besit van ammunisie.


Handgranaat, vuurwapens en dwelms gekonfiskeer

Prosper pos verdagtes tronk toe

Operasie Prosper, die gesamentlike ontplooiing van die polisie en die Suid-Afrikaanse nasionale weermag (SANW) om bendegeweld op die Kaapse Vlakte te bekamp, het vandeesweek verskeie verdagtes tronk toe gepos.

Hier volg ‘n tydlyn

Donderdag, 22 April 2026

Freedom Farm, Delft: Prosper-lede het in die vroeë oggendure toegeslaan en beslag gelê op vyf vuurwapens, twee aangepaste magasyne, ‘n groot hoeveelheid ammunisie en ‘n M26-handgranaat, by die Freedom Farm informele nedersetting.

In die eerste voorval is ‘n 23-jarige verdagte gearresteer nadat twee 9 mm-vuurwapens en ammunisie by ‘n perseel ontdek is.

Verdere ondersoek het gelei tot die ontdekking van nog twee vuurwapens, ammunisie en die handgranaat wat by ‘n uitgebrande plakkershut begrawe is. Hier is ‘n 35-jarige man gearresteer.

Die operasie het toe beweeg na nabygeleë persele waar nog ‘n 9 mm-vuurwapen en ammunisie ontdek is, wat gelei het tot die arrestasie van ‘n 35-jarige man.

Verder is ‘n 36-jarige man gearresteer nadat tik onder ‘n mat in ‘n plakkershut gevind is.

Woensdag, 22 April 2026

Khayelitsha: Prosper-lede het omstreeks 14:30 in K-2 Temporals, Terrein B, 24 deursigtige plastieksakke tik ontdek en ‘n 23-jarige man is gearresteer.

Hanover Park: ‘n 43-jarige vrou is omstreeks 15:20 in Lynstonweg, Hanover Park, gearresteer nadat sy in besit van een pakkie kokaïen, 25 sakkies dagga en 20 daggasigarette gevind is.

Nyanga: ‘n 39-jarige man is omstreeks 17:00 in Sithandathustraat in besit van 71 sakkies kokaïen gevind. Hy is in hegtenis geneem vir dwelmhandel, aanranding op die polisie, verset teen arrestasie en oortreding van die Immigrasiewet.

Dinsdag, 21 April 2026

Voorbrug, Delft: Twee mans is in Akkerdaaistraat voorgekeer. Een van die twee, ‘n 32-jarige, is in besit van drie sakkies tik, ses Mandrax-tablette en 2.8g kokaïen gevind. ‘n Man wat saam met hom geloop het, ‘n 37-jarige, is met dieselfde hoeveelheid dwelms in sy besit gevind. Beide is gearresteer.

Eindhoven, Delft: ‘n Verdere soektog in die gebied het gelei tot die arrestasie van ‘n 54-jarige man wat in Atbostraat in besit van 10 sakkies kokaïen gevind is.

▪Operasie Prosper is op 1 April 2026 van stapel gestuur om kriminele aktiwiteite te ontwrig, onwettige vuurwapens uit sirkulasie te verwyder en ‘n veiliger omgewing vir inwoners op die Kaapse Vlakte te skep.


Operation Prosper achieve significant success

Hand grenade found buried in shack

Operation Prosper, the joint deployment of forces to root out gang violence on the Cape Flats, has had significant successes this week, including the discovery of a hand grenade and several firearms.

This is how it happened.

Thursday, 22 April 2026

Freedom Farm, Delft: In the early hours of the morning members of Prosper recovered five firearms, two extended magazines, a large quantity of ammunition and an explosive device identified as an M26 hand grenade during an intelligence-led operation at the Freedom Farm informal settlement.

A 23-year-old suspect was first arrested after two 9mm firearms and ammunition were discovered at a premises.

Further investigation led to the discovery of two additional firearms, ammunition and the hand grenade buried at a burnt-out shack nearby, where a 35-year-old suspect was arrested.

The operation continued to nearby premises where another 9mm firearm and ammunition were discovered, leading to the arrest of a 35-year-old man.

In another search, a 36-year-old man was arrested after tik was found concealed beneath a carpet in a shack.

Wednesday, 22 April 2026

Khayelitsha: At approximately 14:30 in K-2 Temporals, Site B, the members discovered 24 clear plastic bags of tik. A 23-year-old man was arrested.

Hanover Park: A 43-year-old woman was arrested in Lynston Road, Hanover Park at around 15:20 after she was found in possession of one packet of cocaine, 25 bags of dagga and 20 dagga cigarettes.

Nyanga: A 39-year-old man was found in possession of 71 sachets of cocaine at around 17:00 in Sithandathu Street. He was arrested for dealing in drugs, assault on police, resisting arrest and contravention of the Immigration Act.

Tuesday, 21 April 2026

Voorbrug, Delft:  Two men were stopped at Akkerdaai Street, where a 32-year-old male suspect was found in possession of three sachets of tik, six Mandrax tablets and 2.8g of cocaine. A 37-year-old who was walking with the 32-year-old was found with the same amount of drugs in his possession.

Eindhoven, Delft: A further search in the area led to the arrest of a 54-year-old man who was found in possession of 10 sachets of cocaine in Atbo Street.

▪Operation Prosper was launched on 01 April 2026. It represents a coordinated and decisive response by law enforcement and defence structures to disrupt criminal activity, remove illegal firearms from circulation and reinforce a safer environment for residents.