Jeffreys Bay dwelmhandel
Polisie, weermag slaan toe in J-Bay
18-jarige vas vir dwelmhandel
NASIONAAL: Die polisie het ‘n 18-jarige vermeende dwelmhandelaar in Jeffreysbaai in die Oos-Kaap gearresteer.

Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het die Humansdorpse misdaadintelligensie-eenheid Dinsdag, 7 Julie 2026 reageer op inligting oor vermeende dwelmhandelaktiwiteite in die Jeffreysbaai-gebied.
“Die eenheid, die Jeffreysbaai misdaad-voorkomingseenheid en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het saamgewerk en ‘n perseel in Calata-straat, Ocean View deursoek.
“Die polisie het dwelms, insluitend Tik en Mandrax, met ‘n geraamde straatwaarde van meer as R5 000, gevind en gekonfiskeer.
Die 18-jarige is op die toneel gearresteer op ‘n klag van dwelmhandel.
Die Sarah Baartman-distrikskommissaris, generaal-majoor Thandiswa Kupiso, het die mans en vroue in blou geprys vir hul vinnige, intelligensie-gedrewe reaksie om die sukses te verseker.
“Inligting van die gemeenskap is die sleutel tot ons sukses en hierdie onwettige plekke of kriminele aktiwiteite moet by die polisie aangemeld word,” het Kupiso gesê.
