Man doodgeskiet in Hanover Park

 
 

Verdagtes gesoek ná moorde in Macassar, Hanover Park

Twee oornag doodgeskiet

MISDAADTONEEL: Macassar, Kaapstad: ‘n Man is Donderdagaand, 30 Julie 2026 hier doodgeskiet.

Volgens ‘n woordvoerder vir die Wes-Kaapse polisie, sersant Wesley Twigg, het die Macassar-polisie ‘n moordondersoek geopen na die voorval omstreeks 20:05 in Musica-straat.

“Polisielede is na die misdaadtoneel ontbied waar hulle die slagoffer met ‘n skietwond aan sy kop gevind het. Hy is deur mediese personeel op die toneel dood verklaar. Die verdagte(s) het van die toneel gevlug en geen arrestasies is nog gemaak nie,” het Twigg gesê.

Hanover Park: In ‘n ander skietvoorval Vrydagoggend, 31 Julie 2026 is ‘n 39-jarige man omstreeks 04:40 noodlottig gewond in Lugano Court, Hanover Park.

‘n Woordvoerder  vir die Wes-Kaapse polisie, Thembakazi Mpendukana, het die voorval bevestig en gesê ‘n moordsaak is deur Philippi-polisie geopen.

“Die slagoffer is deur ‘n onbekende manlike verdagte doodgeskiet en geen arrestasie is nog gemaak nie,” het Mpendukana gesê.

Enigiemand met inligting oor die voorvalle kan Stop Misdaad kontak by 08600 10111 of die MySAPS-App anoniem gebruik.