Manenberg tiener gearresteer

 
 

Polisie kry klomp dwelms, arresteer 19-jarige verdagte

Polisie slaan toe by dwelm huis

MISDAADTONEEL: Manenberg, Kaapstad: ‘n Tiener is gearresteer nadat hy in besit van ‘n aansienlike hoeveelheid dwelms gevind is.

Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het die Openbare Orde-polisiëringseenheid Maandag, 7 September 2026 ‘n verskeidenheid dwelms by ‘n adres in Storms River Walk, Manenberg, gekonfiskeer.

“Die polisie het inligting ontvang oor moontlike dwelmhandel by die eiendom. Hulle het omstreeks 12:50 na die adres gegaan en ‘n 19-jarige man daar gevind. Die polisie het 309 sakkies Tik, 154 pakkies kokaïen, tien heroïenstrooitjies en vier Mandrax-tablette teruggevind,” het die SAPD gesê.